Welkom!
Jy is hier want jy het moontlik jou eie onderneming en wil graag begin om aanlyn ektra besigheid te doen. MAAR, jy het of nie die kunidigheid of die mal kapitale uitleg om maandeliks vir al die verskillende diensverskaffers te betaal nie. Ons neem jou nie kwalik nie.
Om 'n aanlyn winkel te hê wat professioneel voorkom, het jy die volgende nodig: iets soos shopify (wat die kopers sien as hulle by jou internet adres opdaag), 'n betaal "gateway" (internet kopers gaan nie bank toe om deposito's te maak nie!) en kourier interaksie (om die koste van aflewering te berekening in Suid-Afrika). Sonder moeite beloop dit vinnig amper R1000 'n maand. Hoeveel produkte moet jy verkoop om R1000 per maand af te staan net aan infrasktruktuur?
Die winkelspasie plaaslik.co.za gebruik Brittle Bytes se infrastruktuur, want hulle het dit reeds alles uitgepluis en daar is nie vir ons 'n rede om die wiel te gaan her-ontwerp nie ... dis bloot net goedkoper. via hulle.
Sien die konsep soos volg:
-
Daar is 'n markdag in die plaaslike skoolsaal en jy wil graag 'n tafel daar hê om van jou produkte te verkoop. Normaalweg sou jy 'n vaste bedrag betaal vir jou tafel vir die dag, ongeag hoeveel produkte jy verkoop. Dit is jou risiko wat jy loop.
-
Ons gaan hierdie risiko by jou wegneem. Jy betaal ons slegs wanneer jy iets verkoop. Dus kry jy die tafel en uitstal spasie verniet.
Hoe werk dit?
-
Dit gaan 'n kort rukkie neem om jou op te stel. Jy sal vir ons foto's en beskrywings en so moet aanstuur. Ons skep vir jou 'n spasie op Plaaslik en jy is gereed vir besigheid.
-
'n Internet koper kom verby en koop iets by jou. (So terloops, ten tye van die interaksie/transaksie is jy nog onbewus hiervan) Hulle vorder tot by "check out" en betaal vir Brittle Bytes.
-
Die oomblik as die betaling plaasgevind het, kry jy 'n epos met die besonderhede wat verkoop is, aan wie, te same met die kourier adres. Jy moet dan die produk(te) verpak en verskeep.
-
'n Week na die tyd betaal Brittle Bytes jou geld oor, minus 9%. Soos enige besigheid is die geld onmiddelik weg uit die koper se rekening maar neem 'n paar dae voor dit by die verkoper (in dié geval Brittle Bytes) se rekening aanland.
-
Verkoop iets? Betaal vir Brittle Bytes. Verkoop niks? Betaal niks.
Stel jy belang?
Kontak ons hieronder.
(INSERT CONTACT US block)